<![CDATA[Die Lewe - Museum]]>Wed, 24 Nov 2021 06:02:42 +0000Weebly<![CDATA[´╗┐Die Groot Vloed]]>Mon, 12 Dec 2016 15:27:53 GMThttp://dielewe.org/museum/die-groot-vloedVloed legendes van die volke op die aarde.
Daar is omtrent oor die twee honderd en sewentig (270) verskillende volksverhale van sover as Suid-Amerika en Australië wat in sekere aspekte ooreenstem met die vloed in die Bybel. Dit dui sterk daarop dat daar wel so 'n gebeurtenis was wat maar so met die jare in volksverhale ontaard het.

Met nadere ondersoek bevind die navorser dat die Bybel alleen uitstaan as die mees realistiese verhaal van die vloed. Vanaf die dimensies en verhouding van die ark, tot die reënboog se eerste verskyning a.g.v. die eerste reën ooit.1

Gilgamesh se tablet in die Britse Museum.

Hierdie vloed tablet vertel 'n deel van die Epos (heldedig) van Gilgamesh
Neo-Assiries, 7de eeu VC vanaf Nineve, noord Irak.
Die Assiriese koning Ashurbanipal [moontlik Asnapper van Ezra 4:10] (het regeer 669-627 V.C., kontemporêr met konings Manasseh, Amon en Josiah) het 'n biblioteek versamel van omtrent 100 000 kopiëe van kuneivorm (spykerskrif) tablette in sy paleis te Nineve, ontdek in 1853 deur Harmuzd Rassam. Hulle het geskiedenis, legendes en wetenskaplike informasie opgeteken. Tussen hulle was die verhaal van die avonture van Gilgamesh, 'n (legendariese?) heerser van Uruk, en sy soeke na onsterflikheid. Die Epos van Gilgamesh is 'n groot werk, die langste literêre werk in Akkadies (die taal van Babilonië en Assirië). Dit was wyd bekend, met weergawes ook gevind by Hattusas, hoofstad van die Hittiete, en Megiddo in die Levant.
Hierdie, die elfde tablet van die epos, beskryf die ontmoeting van Gilgamesh met Utnapishtim. In ietwat opmerklike eendersheid aan Noag in die Hebreëuse Bybel, was Utnapishtim vooraf gewaarsku van 'n plan deur die gode om 'n groot vloed te stuur. Hy bou 'n groot boot en laai dit met elke ding wat hy kon vind. Utnapishtim het die vloed oorleef vir ses (6) dae terwyl die mensdom vernietig was, voor hy te lande kom op 'n berg genaamd Nimush. Hy het 'n duif en 'n swaeltjie vrygelaat, maar hulle kon nie droë grond vind om op te rus nie en het teruggekeer. Laastens het hy 'n kraai vrygelaat wat nie teruggekom het nie, wat wys dat die waters moes gedaal het.
Hierdie Assiriese weergawe van die Ou Testamentiese vloed verhaal was geidentifiseer in 1872 deur George Smith, 'n assistant in die Britse Museum.
In een van die inskripsies van die paleis, erken Ashurbanipal 'n landmerk gebeurtenis wat hy "die vloed" genoem het. Dit skyn nogals vreemd te wees dat hy sommer na enige ou vloed as "die" vloed sou verwys, so ons mag aanneem dat hy wel bewus was van 'n vloed tot die ekstent dat dit so 'n beskrywing kan regverdig. Die vloed van Noag (ongeveer 2400 VC) sou nog vars in die geskiedenis lesse en verhale wees van daardie era, soos ons vandag nog ons kinders leer van die Romeinse Ryk ens.
"Ek, Ashur-bani-pal, binne die paleis, het geleer die wysheid van Nebo, die algehele kuns van skryf op klei tablette van elke soort. Ek het myself meester gemaak van die verskeie soorte van skrif. ...Ek het die pragtige tablette gelees van Sumer en die Akkadiese skrif wat moeilik is om te bemeester. Ek het die vreugde gehad om inskripsies te lees van die tyd voor die vloed."
--- Ashurbanipal ---
Lengte: 15.24 cm
Wydte: 13.33 cm
Dikte: 3.17 cm
Objek reg. nr: AN K.3375

Topografie van die aarde.

Min mense besef die uitstekende bevestiging van die Bybel se verhaal wat hier weergegee word.​
Die "fonteine van die diep"2 is baie duidelik sigbaar as die mid-oseaniese riwwe. Indien jy iets trek om dit uitmekaar te skeur sal die skeur altyd 'n aaneenlopende lyn vorm. Die feit dat hierdie riwwe nie 'n aaneenlopende lyne vorm nie maar plek-plek groot sywaartse spronge maak, is 'n duidelike aanduiding dat die riwwe in geheel op een slag gevorm is. Dit is egter vandag net besig om hier en daar te trek en stoot en so word die sywaartse spronge veroorsaak. Hierdie wetenskaplike bewys verslaan die teorie van tektoniese plaat verskuiwings (Pangea ensovoorts). Noag se vloed verklaar hierdie verskynsel ten volle. Die gedeelte oor Peleg3,4, in wie se dae die aarde verdeel is, moet ook in ag geneem word. (Let wel die woord aarde verwys na die fisiese planeet, en wêreld na die menseryk op die aarde. Dus kan die Bybelse gedeelte nie 'n verwysing na die verdeling van tale wees nie, maar wel na die opbreek van die algehele vasteland in kleiner dele.) Die woord 'peleg'5 in die algemeen beteken om te skei met 'n stroom water. Dit is dus nog 'n verdere argument vir die opbreek van die aarde se grondoppervlak met reuse water kanale, vandag bekend as die oseane.

Verwysings:

  1. Genesis 2:5,67:4,12
  2. Genesis 7:11
  3. Genesis 10:25; 1 Kronieke 1:19
  4. Peleg (die naam): Beteken "aardbewing/-skudding". (Strong's exhaustive concordance of the Bible, bl 94, Hebreëuse woord 6389.)
    Afgelei van die primêre bronwoord, 'palag' wat beteken "om te verdeel". (Strong's exhaustive concordance of the Bible, bl. 94, Hebreëuse woord 6385.)
  5. Peleg (in algemene gebruik): Beteken "'n klein kanaal van water, 'n rivier, 'n stroom". (Strong's exhaustive concordance of the Bible, bl. 94, Hebreëuse woord 6388.)
    M.a.w. dit kan gesê word dat dit beteken "'n verdeling met water".
]]>